VSA vra sterker optrede teen Iran

John Bolton

Die Amerikaanse president se nasionale veiligheidsadviseur, John Bolton, het in Londen aangedoen om samesprekings te voer met die nuwe regering van Brittanje oor die verhouding met Iran.

Bolton het versoek dat die Britte ’n veel sterker houding inslaan teenoor Iran en Sjina, veral tenoor die Huawei maatskappy wat klaarblyklik spioenasiewerk vir Sjina verrig.

Bolton het die geleentheid om die Verenigde Koninkryk se uittrede uit die Europese Unie te gebruik as hefboom deur Amerikaanse steun te bevestig nadat Brittanje die EU verlaat het.

Die Amerikaner se twee dae in Brittanje is gekenmerk deur sy sterk standpunte oor Iran en die Trump-administrasie se onversetlike houding teenoor Iran.

Bolton sal waarskynlik ook probeer om Brittanje tot groter ondersteuning vir die VSA se sanksies teen Iran terwyl die gesprek met Eerste Minister Boris Johnson juis sal handel oor die Britte se strenger optrede om die VSA te steun.

Tot hede het die Britte die Europese Unie se standpunt gesteun om die kernverdrag met Iran staande te hou, maar met sy gewilligheid om die seegebied van Hormuz te beveilig saam met die VSA, word beskou as ’n eerste stap om groter druk op Iran te sit vir die bereiking van ’n nuwe kernwapen-ooreenkoms.