VSA-Taliban in negende fase onderhandelings

Uit Kaboel word verneem dat die onderhandeling spanne van  die VSA en die Taliban hulle samesprekings hervat het in Qatar.

Die twee spanne poog om ’n ooreenkoms te bereik ten einde die jarelange oorlog in Afghanistan te beëindig.

Die VSA is gretig om voort te gaan met die onderhandelings aangesien hy hom ook beywer vir die terugkeer van sy troepemag in die land.

Die oorlog wat reeds 18 jaar duur, het genoodsaak dat die senior onderhandelaars van Amerika, nou reeds vir maande onderhandel met die Taliban.

Die onderhandelings word van tyd tot tyd onderbreek om beide spanne geleentheid te bied om met hulle hoofde te konsulteer oor sensitiewe aspekte wat opduik.

Die is reds die negend rondte samesprekings, en die VSA woordvoerder wys daarop dat die einde van die onderhandelings nog nie in sig is nie.

Daar is tans sowat 20,000 buitelandse troepe in Afghanistan waarvan die grootste aantal deur Amerika voorsien is en ’n deel deur die Navo lande.