VSA steek stok in Iran skip

As ’n olie tenkskip wiele gehad het, kon gesê word die VSA het ’n stok in die skip se wiel gedruk voordat hy kon terugkeer na sy bestemming.

Die Grace 1 tenkskip van Iran wat nou reds weke in Gibraltar aangehou word, is volgens gerugte deur die owerheid “losgelaat”, maar op die laaste minuut het die VSA tussenbeide getree.

Die olietenkskip is reeds sedert 4 Julie met sy vrag ru-olie van meer as 2 miljoen vate in aanhouding in Gibraltar.

Aanhouding is geregverdig aangesien die tenkskip onderweg na Sirië was, wat nie toelaatbaar is ingevolge die internasionale sanksies teen die land nie.

Die hoofregter in Gibraltar, Anthony Dudley, sê daar was geen aansoeke van die VSA in die howe nie, maar dit blyk dat die skip nie vrygelaat sal word nie weens die VSA se eis dat die skip steeds aangehou word.

Intussen sou Iran die olietenkskip wat onder Britse vlag in sy waters aangehou word, ook losgelaat word sodat beide skepe na hulle bestemmings kon vaar, maar dit is waarskynlik ook gestop.