VSA: Ses polisiebeamptes in skietery

’n Dramatiese geval van ses polisiebeamptes wat in ’n skietery gewond is in

Philadelphia het weereens skokgolwe deur Amerika gestuur.

Die skieter wat in ’n woonhuis was, het vir ure lank drie mense en twee polisiebeamptes gyselaar gehou wat later ongedeerd vrygelaat is.

Die skieter is deur ’n polisiebeampte geïdentifiseer as die 36 jarige Maurice Hill, van Philadelphia wat ’n lang rekord van ’n neiging om te skiet, opgebou het.

Een van die gewonde polisiebeamptes moes dringend na ’n nabygeleë hospitaal geneem word met ’n koeëlwond in sy kop.

Drie van die polisiebeamptes is na ’n ander hospitaal geneem met skietwonde, en nog twee is na ’n ander hospitaal geneem.

Na ure se onderhandelings is die skieter in hegtenis geneem en sal waarskynlik vandag in die hof verskyn.