VSA onttrek uit Internasionale Kernverdrag

Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het bekend gemaak dat die VSA hom onttrek uit die Kernverdrag wat die VSA met Rusland aangegaan het in 1987.

Di verdrag is gesluit op inisiatief van president Ronald Reagan en is met Mikhail Gorbachev van Rusland onderteken in die betrokke jaar.

Minister Pompeo sê die VSA het onmiddellik begin met die beplanning vir ontwikkeling en toets van ’n nuwe ballisties missiel.

Amerika se president, Donald Trump, het die VSA onttrek uit die ooreenkoms nadat vasgestel is dat Rusland die ooreenkoms verbreek het deur nuwe missiele te ontwikkel.

Mike Pompeo het in ’n verklaring gesê die VSA onttrek aangesien Rusland alleen daarvoor verantwoordelik gehou kan word deur die ooreenkoms te verbreek.

 Pompeo het gesê die VSA sal nie in die ooreenkoms bly wat deur Russiese optrede verbreek is nie.