VSA Minister Esper besoek Korea

Die Amerikaanse Minister vn Verdediging, Mark Esper, het kort na sy besoek aan Mongolië, vertrek na Suid-Korea om met senior leiers van die land samesprekings te voer.

Die vermoede bestaan dat die minister ook probeer om die konflik tussen Suid-Korea en Japan uit die weg geruim te kry aangesien beide lande die VSA se alliansie vennote is.

Minister Esper het ernstige samesprekings gevoer met die Minister van Verdediging, Jeong Kyeong-doo, wat waarskynlik ook die beoogde gesamentlike militêre oefeninge insluit aangesien die noordelike Skiereiland beswaar maak teen die oefeninge.

Noord-Korea beweer die VSA het onderneem om nie verdere militêre oefeninge saam met Suid-Korea te hou nie, maar die Amerikaners sê so ’n onderneming is nooit gegee nie.

Tydens ’n personderhoud het Minister Esper bevestig dat die gesamentlike militêre oefening soos gewoonlik voortgaan.