VSA kap Sjina oor demokrasie

Vise-President Mike Pence

Die Amerikaanse Visepresident, Mike Pence, het ’n beroep op Sjina gedoen om respek te toon teenoor die integriteit van die Hong Kong wette wat reeds vir sewe dekades geldig gebly het.

Hy het President Trump se waarskuwing herhaal dat Sjina met sy huidige optrede dit moeilik maak vir Amerika om ’n handelsooreenkoms met hulle te sluit onder sulke omstandighede.

“Om die VSA te beweeg om ’n ooreenkoms met Sjina aan te gaan, sal Beijing sy ondernemings moet nakom in Hong Kong, wat ook insluit die ondernemings van 1984 wat bepaal dat hy die integriteit van Hong Kong se eiesoortige wette sal respekteer.

Visepresident Pence sê die VSA sal voortgaan om Beijing en die Hong Kong Demokrate aan te spoor om in gesprek te tree met mekaar om die krisis in die stad te beëindig.

Die protes in Hong Kong het die naweek vreedsaam verloop toe meer as 2 miljoen inwoners deur die strate beweeg het.