VSA en Russe hervat wapen wedloop

Met die onttrekking van Amerika uit die ooreenkoms met Rusland oor missiel wapen ontwikkeling, het die wapen wedloop wat na die Koue Oorlog gestop is, weer hervat.

President Donald Trump het die Russe daarvan beskuldig dat hulle die ooreenkoms verbreek het met toetse wat gedoen is met nuwe missiele.

Rusland het wel die beskuldigings ontken, en gesê hy sal wapen ontwikkeling hervat sodra die Amerikaners begin het om nuwe toetse uit te voer met missiele.

Die Pentagon het die afgelope naweek toetse uitgevoer met ’n konvensionele missiel wat hoogstens 500 kilometer reikafstand het.

Die toets is uitgevoer aan die kus van Kalifornië, en alhoewel dit nie ’n ballistiese kern-kop insluit nie, kan dit beteken die wapen wedloop tussen die twee lande word nou hervat.

Verlede week het Rusland vyf van sy beste wetenskaplikes verloor toe ’n missiel toets misluk het en die vyf mans in ’n ontploffing omgekom het.

Die Pentagon sê sy toetse was met ’n gemoderniseerde grond-lanserings missiel wat uiters akkuraat op die teiken is, en het ’n ’n kern-kop gedra nie.