Vliegtuig land veilig in koringland

Twee bekwame Russiese vlieëniers kon daarin slaag om ’n reuse vliegtuig met 233 mense aan boord, veilig te laat neerstryk in ’n koringland.

’n Noodlanding moes dringend uitgevoer word toe die vliegtuig in ’n groot swerm voëls vas gevlieg het, en die motore beskadig het.

Die Russiese Kremlin het sy lof uitgespreek oor die wyse waarop die vlieëniers die krisis hanteer het en die lewens van baie mense beveilig het.

’n Woordvoerder van die Kremlin het later gesê die twee vlieëniers sal met hulle terugkeer die hoogste toekennings ontvang vir hulle skitterende optrede.

Rusland sê dit is ’n wonderwerk dat geeneen aan boord gedood is toe die Ural Lugredery se Airbus 32 in die koringland moes neerstryk.

Sowat 75 mense moes egter hospitaal behandeling ontvang vir beserings wat opgedoen is, terwyl sommige vir skok behandel moes word.

gear up after hitting a passing flock of gulls, disrupting the plane’s engines.