Venezuela: Maduro wil Kongres beheer

Juan Guaido

Die regering van president Nicolas Maduro van Venezuela wil ’n kommissie saamstel om die 2020 verkiesing te evalueer wat kan beteken dat die regering sy posisie kan verstek in die Nasionale Kongres.

Tans beskik die opposisieparty van Juan Guaido oor ’n meerderheid steun, maar die Maduro regime het planne om die struktuur te ontbind.

Die plan word egter agterweë gehou met die hoop om die meerderheid steun te kry, en daarmee die opposisieparty verder te ignoreer.

Die Maduro-regime beskuldig president Donald Trump van inmenging in die huishoudelike sake van die land, en het gevolglik pamflette en plakkate begin versprei om ’n wye reaksie teen die opposisieparty te bewerkstellig.

Die opposisieleier, Juan Guaido het gewaarsku dat die Grondwet Vergadering, wat pro-Maduro saamgestel is, die Nasionale Kongres as instituut kan ontbind.  

Politieke ontleders sê die ontbinding kan Venezuela verder verwyder van sy demokrasie wat reeds ’n laagtepunt bereik het.

Maduro se regering het met ’n grootskaalse geknoei die vorige verkiesing gewen en selfs ’n verbod gehad op buitelandse monitering van die verkiesing.