Twee leeus op vrye voet

Die woordvoerder van die Ezemvelo KZN Wildlewe het bevestig dat twee leeus deurgebreek het weens ’n swak plek in die heining, en steeds op vrye voet is.

Aanvanklik het vyf leeus uit die Hluhluwe-iMfolozi Park weggebreek, maar drie van die gevaarlike diere is reeds aangekeer, maar Dinsdag was twee nog iewers op vrye voet.

Beamptes van die Park is erg bekommerd oor die twee leeus wat weggeraak het, en seniors sê diegene wat verantwoordelik is om die heinings gereeld na te gaan, is ’n ewe groot bekommernis vir die Park.

Woordvoerders sê die beskadigde heining is nog nie herstel nie, en sal “binnekort” aandag kry alhoewel daar nog ’n groot aantal leus in die kanmp aangehou word.

Intussen het opkomende boere in die omgewing beweer dat die leeus reeds van hulle diere gevang en gevreet het, wat nou ook ondersoek sal word.