Twee EFF parlementslede bedank

Twee van die Rooi brigade se parlementslede het besluit om te bedank, en daarmee die party die moeite gespaar om dissiplinêre verhore te hou.

Tebogo Mokwele en Nkasigang Mokgosi het bedank nadat dit bekend geword het dat hulle betalings ontvang het uit die Cyril Ramaphosa verkiesings bankrekening, bekend as die CR17 fondse.

Tebogo Mokwele het erken dat sy geld van Cyril Ramaphosa ontvang het tydens die dood van ’n geliefde, en sê dit beloop R80,000 wat sedert 2017 tot vanjaar aan haar betaal is.

Sy het egter te kenne gegee dat die ANC steeds beskou word as die vyand van die staat, en bly glo lojaal aan die EFF.

Die betalings aan EFF lede laat egter vrae ontstaan oor die optrede en die vermoede bestaan dat die Openbare Beskermer weer kan begin krap aan die president se optrede.

Tebogo Mokwele het ook R80,000 ontvang wat klaarblyklik uit di CR17 fonds betaal is, en wat veronderstel is om vir die verkiesingsveldtog van Ramaphosa aangewend te word.