Trump vries Venezuela bates in VSA

President Maduro

In nog ’n poging van die Amerikaanse regering om die Maduro-bewind tot oorgawe te dwing, het President Donald Trump aangekondig dat alle bates van Venezuela gevries gaan word wat in di VSA mag wees.

Die toenemende druk op Venezuela dra by tot groter spanning tussen Westerse lande en die Russiese, sowel as Sjinese regerings.

Die ekonomiese en diplomatieke druk op president Nicolas Maduro se regering is ook vergroot nadat 50 lande in Peru byeengekom het en ’n beroep op die diktator gedoen is om die tuig neer te lê.

Die uitvoerende bevel wat deur president Trump onderteken is om die bates te vries, is ’n groot stap om erge druk op Venezuela te plaas, en sy swak ekonomiese stand daardeur verder te benadeel.

Die optrede van die Trump-administrasie behels ook dat geen instansie in die VSA met Venezuela mag handel dryf nie, en word beskou as een van die grootste aanslae teen president Maduro se bewind.