Totsiens aan die kewertjie

Na 80 jaar het die laaste Volkswagen kewer van die monteerband gekom om ’n einde te bring aan die een motor wat die wêreld se bekendste voertuig geword het.

In Meksiko se Volkswagen aanleg is die Kewertjie verlede maannd vir die laaste maal van die monteer vervoerband afgehaal om nie weer verder vervaardig te  word nie.

Dit was Adolf Hitler wat gesê het Duitsland moet ’n “motor vervaardig vir die Duitse volk”, en enkele maande later is die Volkswagen aan hom voorgelê met die hoop dat hy sy goedkeuring daaraan sou gee.

Slegs 65 “Finale Uitgawe” van die welbekende motor het in Meksiko se Volkswagen aanleg van die monteerband gekom, en sal waarskynlik die mees gesogte versamel item wees wat motor versamelaars kan bekom.

Die Vryburger bring hulde aan die motortjie wat so baie Afrikaners se voertuig geword het oor baie dekades.