Talle sterf van hitte in Nederland

Bykans 400 neer mense as gewoonlik het in Nederland omgekom gedurende die afgelope hittegolf wat oor groot dele van Europa geheers het.

Die besonderhede is die afgelope naweek bekend gemaak en alhoewel al die sterftes nie direk aan die hittegolf verbind word nie, is dit ’n ernstige bron van kommer .

In die week wat op 22 Julie begin het, is 2,864 mense dood in die land, wat volgens statistieke toon dat die hitte verantwoordelik kan wees vir sowat 400 meer sterftes as gewoonlik.

Nederlanders moes die ongewone hitte van tot 40 grade Celsius verduur, wat ongekend is in die land, maar wat toegeskryf word aan die dramatiese veranderings in die klimaat van Europa.

Die hittegolf word vergelyk met ’n soortgelyke een wat in 2006 geduur het, en as die een beskou word wat die langste tyd van alle gevalle geduur het.

Die hitte het hoofsaaklik ouer mense aangetas, veral in die ouderdomsgroep van 80 jaar en ouer.