Taliban bom dood talle polisie

Die Taliban terreurgroep het aanspraak gemaak as die aanvallers wat verantwoordelik is vir die gruwelike bomontploffing in Afghanistan waar minstens 20 mense omgekom het en 150 gewond is.

Die ontploffing in ’n besige deel van die hoofstad Kaboel het talle polisie voertuie vernietig saal met die baie slagoffers waarvan meer as 130 na hospitale geneem moes word vir behandeling.

Die Taliban aanvalle vind steeds plaas te midde van die samesprekings tussen Amerikaanse verteenwoordigers met lede van die Taliban, en alhoewel Pakistan se hulp ingeroep is, blyk dit dat geen ooreenkoms moontlik is met die terreurgroep nie.

President Trump het vroeër samesprekings gevoer met die Eerste Minister van Pakistan met die verwagting dat die land ’n positiewe rol kan speel om die oorlog te beëindig met die Taliban.

Verklarings wat later uitgereik is, dui daarop dat die grootste deel van die slagoffers led van die polisie en die weermag van Afghanistan is.