Taiwan bestel F-16 vegvliegtuie

Die Amerikaanse Kongres moet vinnig reageer met goedkeuring vir ’n $8 miljard transaksie vir F-16 vegvliegtuie wat aan Taiwan gelewer moet word.

Die aflewering moet blitsvinnig wees aan die selfregerende Taiwan wat druk kan verwag van Sjina oor die aankoop van soveel wapentuig deur die eiland.

Die eensgesindheid onder Republikeine en Demokrate oor die transaksie kan bydrae tot ’n vinnige besluit en goedkeuring van die Kongres.

Die Sjinese het die transaksie afgekeur wat tot hede die grootste is wat Amerika nog van Taiwan ontvang het, en alhoewel Sjina ontevrede is oor die optrede van Taiwan, is daar nie veel wat gedoen kan word om dit te kanselleer nie.

Sjina het wel gewaarsku dat hy sanksies sal instel teen die Amerikaanse maatskappye wat betrokke is by die vervaardiging en lewering van die vegvliegtuie.