Super kragtige tifoon tref Sjina

Die Sjinese weerburo het dringende waarskuwings uitgereik oor die super kragtige tifoon wat die land nader en chaos kan veroorsaak in ’n groot gebied van die land.

Tifoon Lekima het met geweld die provinsie Zhejian binne gestorm vanuit ’n oostelike gebied wat glo ook gebiede van Taiwan teister.

Taiwan het aangekondig dat sakeondernemings, skole en markte op die eiland gesluit is tot die tifoon homself uitgewoed het.

Volgens die Nasionale Weer Sentrum is dit die sterkste tifoon wat die Sjinese in die afgelope 5 jaar gehad het.

Skepe is uit die hawens geneem en na Hong Kong geneem uit vrees dat die kragtige winde ernstige skade kan veroorsaak.

Stormsterkte wind wat tot 200 kilometer per uur gewoed het, en swaar reën wat onophoudelik neer gestort het, was die naweek die rede waarom derduisende mense vreesbevange in hulle woonplekke gebly het.

Nagenoeg een miljoen huishoudings is totaal ontwrig, minstens 28 mense het omgekom en kragtoevoer is ontwrig oor ’n wye gebied.

’n Tweede tifoon is aan di nader beweeg na die vasteland, maar het glo reeds se ergste krag verloor.