Suid-Afrika stort in duie

Die politieke ontleders sê die toestande in Suid-Afrika verswak nou by die dag, en die haglike toestande stel inwoners nou op dieselfde vlak as in Zimbabwe.

Met ’n polisiediens wat derduisende rondtes ammunisie verlore laat gaan sonder dat enige optrede teen die skuldiges beoog word, dui op die haglike veiligheid toestand wat heers.

Die land se Weermag is sowat twee jaar gelede deur deskundiges geëvalueer en is bevind dat sy slaankrag nou niks beter is as wat dit in die dertigerjare van die vorige eeu was nie. Toe het die Lugmag meer vlieëniers gehad as wat tans in diens is nadat die bestes reeds die land verlaat het.

Met die vooruitsig dat die regering nou die sogenaamde “Nasionale Gesondheidsplan” wil aktiveer, beteken dat twee dinge vir die Westerlinge van die land wag:

Dit is dat hy uiteindelik nie meer oor ’n Mediesefonds sal beskik nie, en tweedens sal die gesondheidsplan dieselfde roete volg as Eskom, Denel, SABC, SAL, en andere wat onder die beheer van die staat is.

Kenners waarsku dat die ANC regime se pogings met die “opheffing” van sy ondersteunende kieserskorps die gehalte en volhoubaarheid van dienste op alle terreine laat inmekaar tuimel.

Die sogenaamde opheffing deur aan “almal ’n gelyke gesondheidsdiens te lewer”, ’n manier is om die werkloses terwille te wees en daarmee die Westerlinge saam na benede te trek.

Deur die beplande gesondheidsdiens word mense die reg ontsê om aan ’n onafhanklike, nie-staatsbeheerde medies skema te behoort, en word miljarde rand nou aangewend om ’n kommunistiese bestel met gesondheidsdienste te vestig.