Suid-Afrika kan meer voedsel uitvoer

Alhoewel Suid-Afrika ’n onvriendelike landbou klimaat het, is die land se boere nie verniet die wereld se beste landbou produsente se produsente nie.

Selde in die wêreld kan die gehalte van Suid-Afrika se voedsel geëwenaar word, en beskik die land oor voldoende kundigheid om sy uitvoere van voedselsoorte te verhoog.

Een uit elke tien lemoene wat in die wêreld geëet word, is uit Suid-Afrika afkomstig, en daardie verhouding kan in die volgende dekade verander na een uit elke agt lemoene .

Die sitrus mark het van 4% in 2001 gestyg tot 10% wat verlede jaar geproduseer is.

Met die uittrede van Brittanje uit die Europese Unie, en die vrees dat daar ’n voedsel tekort mag ontstaan, behoort boere nou hul uitvoere van vrugte en groente drasties te verhoog en ook begin om te onderhandel met die Verenigde Koninkryk oor die lewering van voedsel.

Selfs die oorskot van rooivleis kan na Brittanje uitgevoer word teen uiters mededingende voorwaardes, wat die Britte se vrese sal besweer.