Strategiese VSA besoek aan Mongolië

Minister Mark Esper

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, bring eersdaags ’n besoek by die senior leiers in Mongolië, met sy “oë gerig op Rusland en Sjina”.

Die inligting is die afgelope naweek bekend gemaak deir die Amerikaanse Pentagon, en word beskou as ’n strategiese skuif wat beide Rusland en Sjina bekommerd kan laat.

Die eerste besoek is klaarblyklik daarop gemik om die goeie verhouding wat bestaan, verder te versterk, maar wat van uiterste strategiese waarde sal wees vir beide lande.

Mongolië grens in die noorde aan Rusland, en in die suide aan Sjina, en is van uiterste strategiese belang vir die Westerse moondhede in tyd van konflik en oorlog in die dekades wat kom.

Dit is Minister Esper se eerste buitelandse besoek sedert hy aangestel is as Minister van Verdediging, wat waarskynlik beklemtoon hoe belangrik die besoek aan Mongolië werklik is.

Waarnemers wys daarop dat die VSA waarskynlik die moontlikheid voorsien om die land as basis te gebruik wanneer so ’n konflik situasie dit sou vereis.