So sal Gesondheidsplan jou raak

Die ANC regime se Nasionale Gesondheidsplan sal in fases geïmplementeer word om uiteindelik algehele en omvattende diens te word.

Die staat sal die stelsel beheer van die nuwe “mediese skema” en alles Suid-Afrikaners sal lid wees daarvan.

Alle gesondheidsdienste sal gratis wees, insluitende besoeke aan dokters, medikasie, operasies en hospitalisasie.

In plek van ’n maandelikse betaling aan ’n mediese skema, sal ’n aanpassing gemaak word deur inkomste belasting te verhoog.

Die nadele bestaan ook, en word deur kenners gekoppel aan moontlike risiko’s wat kan opduik:

Wat gaan gebeur as die staat se masjien nie goed geolie is om die massiewe administrasie doeltreffend te bestuur nie, word gevra.

Beskik die staat oor voldoende opgeleide mense om so ’n reuse onderneming te bedryf, of gaan dit ’n volgende SABC of SAL word.