So betaal motoriste hul boete

Speedometer

In die afgelope weke het die betaling van verkeersboetes weer skerp na vore gekom toe vasgestel is dat seker owerhede maatreëls in plek hou terwyl ander dit geensins toepas nie.

Die regulasies bepaal dat motoriste wat uitstaande verkeersboetes op rekord het, se bestuurslisensie word nie hernu alvorens die boete betaal is nie.

Die jongste opname toon egter dat sowat 45% van boetes betaal word, terwyl ’n bykomende 10% hul boetes betaal indien hulle bestuurslisensie se hernuwing in gedrang kom.

Die oorblywende 46% betaal nooit enige boetes van die verkeersdepartement nie, en het nog nooit ’n probleem gehad om die bestuurslisensie hernu te kry nie.