Skenkings vir OB hofsake groei traag

Die organisasie “Demokrasie in Aksie” wat hulle beywer om voldoende geld in te samel vir betaling van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se hofkoste wat reeds naby die R1 miljoen kerf is, se poging lyk teleurstellend.

Die grootste skuldlas is die hofsaak wat betrekking het op die SA Reserwe Bank waar die hof beslis het dat sy in haar persoonlike hoedanigheid verantwoordelik is vir sowat R900.000.

Die afgelope Donderdag het Mkhwebane weer ’n saak verloor en mot sy weer vir haar eie hofkoste instaan terwyl daar nog ’n klag van meineed oor haar kop hang wat verrykende gevolge kan inhou vir die omstrede Openbare Beskermer.

Na meer as ’n maand van bedel by veral lede van die Malema groep, is sowat R100,000 ingevorder, wat algemeen beskou word as ’n druppel in die emmer.

Vroeër het Busisiwe Mkhwebane gese sy bied R100 per maand aan om die R900,000 af te betaal, wat beteken dat sy geen erns het om haar verantwoordelikheid na te kom nie, word gesê.