Sjinese geldeenheid stort na benede

Die Sjinese geldeenheid het sodanig verswak dat dit nou die laagste waarde het sedert die groot insinking van 11 jaar gelede.

Die insinking kom na aanleiding van die handelsoorlog tussen Amerika en Sjina, wat nou verder uitgebrei is met die VSA se aankondiging om invoer tariewe verder uit te brei.

President Trump het besluit om ’n 10% invoerheffing te plaas op ’n bykomende $300 miljard se goedere afkomstig uit Sjina.

Die Sjinese betaalmiddel het Maandag teen 7.02 verhandel teen die Amerikaanse dollar, en daarmee die laagste waarde getoon van die afgelope 11 jaar.

Waarnemers reken die VSA se kragtige ekonomie is besig om die Sjinese ekonomie ’n harde knou te gee, soos wat die Amerikaanse president gewaarsku het.