Sjina tree op teen Amazon

Die Sjinese regering het opgetree teen die Amerikaanse aanlyn sakeonderneming, Amazon.com, nadat hy ’n reeks T-hempies bemark het ter bevordering van die Hong Kong demokrate se verset.

Die anti-regering T-hempies op Amazon.com het groot aftrek gekry deur die betogende demokratiese ondersteuners, en het ontsteltenis gewek by die Sjinese owerheid.

Die Sjinese sê die T-hempies met slagspreuke soos “Bevry Hong Kong Demokrasie Nou” en “Hong Kong is nie Sjina” is politieke propaganda en kan nie toegelaat word nie, en daarom word toegag tot Amazon se aanlyn webtuiste geblokkeer.

Kenners sê egter die Sjinese jongmense het reeds die slagspreuke gelees, en sommige het vir hulle van die T-hempies gekoop voor die blokkering.

’n Woordvoerder van die Sjinese het later gesê dit is tyd dat die Amazon ’n les geleer word, en daarom is die toegang gesluit.