Sjina gereed vir handelsoorlog teen VSA

Die nuwe Sjinese ambassadeur in die Verenigde Nasies het gewaarsku dat indien die VSA wil veg in die handelsoorlog, Sjina gereed is vir die geveg.

Hy sê die handelsoorlog kan ook bydrae om die spanning tussen Amerika en Noord-Korea te verhoog en samewerking kan skaad.

Die adjunkminister van Buitelandse Sake in Sjina, Affairs Zhang Jun, het sy openingsrede gevoer as nuwe ambassadeur en gesê die Kernwapen projek van Noord-Korea sal voortgaan indien die samesprekings tussen Amerika en Noord-Korea nie konstruktief is nie.

Die ambassadeur se toespraak het hoofsaaklik gehandel oor die VSA en kom nadat President Donald Trump ’n 10% invoer heffing aangekondig het op ’n verdere $300 miljard wat einde Augustus iin werking sal tree indien ’n ooreenkoms nie bereik word nie.

Die president het ook gewaarsku dat hy veel moeiliker tot ’n ooreenkoms sal kom met Sjina wanneer hy vir ’n tweede termyn as president verkies is.