Sjina dreig VSA oor missiel basis

 Kort nadat Amerika gevra het dat ’n land in Asië die VSA moet toelaat om ’n grond basis vir missiele op te rig, het Sjina skerp gereageer en waarskuwings geopper.

Sjina het gedreig met teenmaatreëls indien die VSA ’n missiel basis “op die Sinese voorstoep” wil oprig wat ook as ’n daad van aggressie beskou sal word.

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, sê hy is ten gunste van die plasing van ’n missiel basis in die Asië gebied, en behoort so gou as moontlik gedoen te word.

Die opmerking van Esper het die Sjinese laat regop sit, maar alhoewel hulle gewaarsku het teen so ’n moontlikheid en gedreig het met teenmaatreëls, is geen aanduiding gegee oor wat die maatreëls sal behels nie.

Al die opsies sal ter tafel geneem word indien die Amerikaners so ’n basis sou ontwikkel in Asië, het ’n Sjinese woordvoerder later gesê.