Singapore verkeer in noodsituasie

Die stygende watervlak van die see is Singapore se grootse vrees, en kan die wêreldstad soveel as $72 miljard kos, en slegs meer om oor die volgende 100 jaar te voorkom dat die stad in ’n watermassa beland.

Singapore se Eerste Minister het die afgelope naweek bekend gemaak dat die stad nou moet begin werk daaraan om te voorkom dat sy strate riviere word.

Die laagliggende eiland se reuse stad maak reds voorbereiding om die aardverwarming, wat ’n stygende seewater vlak veroorsaak, teen te werk, maar dit gaan jaarliks miljoene dollar beteken.

Eerste Minister Lee Hsien Loong het in antwoord op die vraag hoeveel dit gaan kos om die stad te beveilig, gesê die beraamde koste kan soveel as R72 miljard wees wat oor ’n tydperk van 100 jaar nodig kan wees.

Een van die moontlikhede is glo om uit die seebodem grond te gebruik om die eiland waarop die stad gebou is, se kuslyn te verhoog, maar daar is ook ander moontlikhede wat oorweeg word.