Simbool van bevoordeling

Terwyl die land in opstand is oor vlae, wil ek tog ook ’n eier lê oor die ANC se nuwe vlag vir die land wat deur min blankes erken word vanweë die ANC se diskriminasie teen die minderheidsgroep, die blankes.

Vir my, en duisende ander blankes in die land, is die vlag van die regime ’n simbool van swart oorheersing, swart diskriminasie teen blankes, swart bevoordeling op elke denkbare terrein, en swart onderdrukking van my taal.

Die regter se woorde is ook op die nuwe vlag van toepassing, en kan daar met al die nodige bewyse gesê word “ die huidige vlag doen veel meer skade aan blankes as dit vertoon word” want dit  vertoon blanke onderdrukking in die werkplek en bly die haat teen blankes simboliseer.

Daarom kan ek nooit versoen word met die snaakse vlag wat van weinig betekenis is vir iemand met hoë Westerse beskawingspeile nie.

Die hof se beslissing is vaag en tipies soos ons die Ruwe SA ken, want nou mag die Republiekvlag nie sonder ’n gemotiveerde rede vertoon word nie.

C de Klerk