Sies – die ANC smaak is walglik

’n Veldtog waarin ouers hulle weersin te kenne gee oor die liederlike wyse waarop die owerheid geadverteer het met die doel om mense aan te moedig om meer te lees, val saam met die “vroue maand” wat tans op verskeie geleenthede met byeenkomste gevier word.

Die Vryburger se redaksie het geweier om die smerige foto van ’n skraps geklede swart vrou te plaas en wil saam met ontstelde ouers en ander beskaafde mense hulle weersin uitspreek oor die morsige manier van adverteer.

Welmenende ouers vra wat is die boodskap wat na jong vroue uitgaan, maar ook na elke mens wat fatsoenlikheid verkies, as sulke foto’s die voorbeeld moet wees om mense aan te moedig om meer te lees.

Selfs in die parlement het lede hulle skok uitgespreek oor die swak smaak wat deur die Departement van Onderwys gesein is, maar of die skuldige uit sy pos ontslaan gaan word, is te betwyfel.