Sasol in VSA stuur skokgolwe

Sasol se aankondiging dat daar moontlike “kontrole swakhede” kan bestaan by hul Lake Charles Chemiese Projek in Louisiana het skokgolwe deur die bedryf gestuur. 

Die swakhede waarna verwys word, is “ swakhede” wat volgens kenners bedrog behels of nie-bekendmaking van kontraktuele mislukkings en selfs die nie-nakoming van mikpunte beteken. 

Sasol se aandele het bykans met R20 miljard gedaal binne 15 minute na die verklaring.  ‘n Eksterne oudit en onafhanklike analise sal nou uitgevoer word voor daar ‘n verslag op 19 September gelewer sal word.