SAPD se donker prentjie

Die SA Polisiediens is in ‘n krisis.  Polisie beamptes word jaarliks getoets of hulle in staat is om vuurwapens te hanteer.

Met die mees onlangse toets het bykans 9,000 beamptes die toets gedruip wat beteken dat hulle hul wapens moet inhandig. 

Denel word blameer vir die swak vertoning weens ‘n tekort aan ammunisie  sê lt.genl. Elias Mawela.

Volgens Denel bestaan ’n kontrak met SAPD wat verval het, en is hulle verpligtinge nagekom tot en met die kontrak verval het.   

Nog meer skrikwekkend is die syfers wat toon dat  bykans 4,500 vuurwapens “verlore” geraak het sedert 2013 – dit is 640 wapens per jaar met 9,6 miljoen rondtes wat “weg geraak” het wat verklaar waarom die polisie beweer hulle het nie genoeg patrone nie.

Verkragtings toets stelle ontbreek by 76% van die land se polisie stasies.  Moord statistieke toon dat in die tydperk April 2017 tot Maart 2018 daar 20,336 moorde plaasgevind het in die land .  Dit is bykans 60 moorde per dag!   Diegene wat voorspel het dat daar ‘n bloedbad sou wees as die land nie in 1994 weggegee is nie, moet dalk hul somme weer maak.