Saoedi vroue juig oor nuwe regte

Die kroonprins van Saoedi Arabië se toegewings om die land se vroue meer regte toe te laat, het internasionale goedkeuring gekry, maar beroepe word gedoen om meer toegewings te maak om vroue se regte te eerbiedig.

Saoedië se vroue juig nadat hulle toegelaat is om in die toekoms na ander lande te reis sonder om eers goedkeuring van manlike Arabiere te kry.

Die toegewings volg nadat die koningshuis swaar deurgeloop het onder kritiek uit talle oorde vir sy vreemde gebruike om vroue te onderdruk.

Vroue het intussen ook ander regte bekom soos die reg om ’n motor te bestuur, ’n eie ID kaart t kry, ’n motor te besit, en nou selfs sonder ander mense se toestemming, na die buiteland te reis.

Sedert die nuwe wet van krag geword het, kon meer as m 1,000 vroue al reis na die buiteland, en is die verwagting dat meer toegewings aan vroue gegee sal word na mate neer vroue van die huidige toegewings gebruik maak.