Saoedi verbeter vroueregte

Saoedi Arabië is bekend daarvoor dat vroue ’n ondergeskikte rol in die openbare lewe vervul weens die tradisionele miskenning van vroue s regte.

Die afgelope week is aangekondig dat volwasse vroue nou toegelaat word om te reis sonder om goedkeuring te kry.

Die vroue wat tot dusvêr geen sê gehad het oor gesin en familie aangeleenthede nie, het nou groter kontrole oor die aangeleenthede gekry.

Die land wat tradisioneel alle vroueregte geïgnoreer het, se eerste toegewing het gekom toe vroue die reg gekry het om ’n voertuig bestuurslisensie te verwerf.

Talle vroue het die land verlaat uit protes teen die verontregting, en is die regeerders onderwerp aan hewige kritiek op internasionale terrein, wat daartoe gelei het dat een na die ander toegewing gemaak moes word om vroue meer regte te gee.

Die besluite om vroueregte aan te pas, kom uit ’n reeks kabinet besluite wat pas gepubliseer is, wat ook insluit dat vroue ’n paspoort om na die buiteland te reis, kan bekom, solank sy bo die ouderdom van 21 jaar is.

Vroue het ook vir die eerste keer die reg om hulle kinders se geboortes te registreer by die betrokke departement se kantore.

Die land se regeerder, Kroonprins Mohammed bin Salman het twee jaar gelede begin om vroueregte te verbeter.