Saoedi moet saamwerk of oorlog verloor

Die suidelike separatiste in Jemen het Donderdag gewaarsku dat die regering van Saoedi Arabië om samewerking te bied of om die oorlog te verloor.

Die stryd in Jemen is nie net een van politieke mag nie, maar ook van geloof en ideologie en kan moeilik deur Westerse lande begryp word.

Die stryd om die mag te bekom, duur sedert 2014 en het Aden die punt van stryd geword nadat die president, Abd-Rabbu Mansour Hadi, vanuit die hoofstad Sanaa daarheen uitgewyk het.

Die suidelike separatiste is ook die sterkste mag om die Houthis teen te staan wat deur Iran se magte ondersteun word.

Samesprekings om die strydbyl te begrawe, kon tot hede nie slaag nie, en politieke waarnemers sê die moontlikheid om ’n vredes verdrag te onderhandel, sal nie gou bereik word nie.

Dit is die Houthis wat die spanning tussen die noordelike deel van Jemen en die suidelike gebied te verhoog om die oorlog lewendig te hou. Saoedi se bydrae om die regering van Jemen staande te hou teen die magte wat deur Iran gesteun word, laat die ingewikkelde stryd voortduur sonder ’n oorwinnaar.