SA Werkloosheid styg dramaties

Die werkloosheid in Suid-Afrika is die hoogste wat dit die afgelope dekade was, en waarnemers meen dit gaan nog verder toeneem.

Die land se ekonomie kry die een na die ander terugslag met die jongste nuus dat die hoë werkloosheid nog verder toegeneem het.

Tesame met die neerslagtige situasie het nog ’n skok die land getref toe die bankrot kragvoorsiener ’n finansiële tekort van R20,7 miljard vir die afgelope boekjaar toon.

Finansiële kenners en ekonome het hulle verbasing te kenne gegee oor die finansiële agentskappe nie die land dadelik na rommel status afgradeer het nie.

Die werkloosheid koers het nou 29% bereik, en meer as die helfte van sy jeug is werkloos met die styging van sowat 570,000 mense in die afgelope boekjaar.

Suid-Afrika sit met ’n bevolking van meer as 57 miljoen, en is veronderstel om die grootste ekonomiese ontwikkeling op die kontinent te handhaaf, maar van sy meer as 38 miljoen mense wat in die ouderdom is om ’n beroep te beoefen, is meer as 16 miljoen ekonomies aktief terwyl 6,7 miljoen werkloos is.

Kenners wys daarop dat dit van die belangrikste faktore is wat ’n inspuiting bied vir misdaad bevordering en die skepping van chaos met verset optogte en bevordering van anargie.