SA Express se vlerke geknip

Die lugdiens, SA Express, is weereens verhoed om vlugte te hervat weens R70 miljoen wat aan ACSA verskuldig is vir landingsregte.

Intussen sit SA Express met ‘n rekening van verskaffers wat die motore van hulle vloot oorgedoen het.  Die redery is tans besig om te onderhandel met Tesourie vir ‘n R200 miljoen reddingsboei. 

Die skielike kansellasie van vlugte vir Woensdag 28 Augustus 2019 is volgens lugvaart kenners ʼn teken dat SA Express en sy moedermaatskappy SAA maar hulle deure moet sluit . 

Volgens Mike Schüssler is die twee entiteite nie immuun teen mislukking nie en die huidige geskiedenis van SAA en SA Express kan veroorsaak dat reisagente die twee entiteite gaan vermy wanneer besprekings gemaak moet word.  Ramaphosa is steeds op soek na ʼn privaat vennoot vir SAA sowel as ander bankrot staatsentiteite.