Russiese polisie arresteer honderde betogers

Uit Moskou word berig dat die Russiese polisie meer as 1000 deelnemers aan ’n protes optog gearresteer het wat almal ondersteuners is van die amptelike opposisieparty.

Die optog wat deur sowat 10,000 mense ondersteun is, is deur die polisie as ’n onwettige aksie bestempel waarvoor nie goedkeuring bekom is nie.

Die verset optog se leiers, waarvan die aktivis Lyubov Sobol ook betrokke is, eis vry en demokratiese verkiesings.

In Moskou is geen opposisieparty toegelaat om aan die plaaslike verkiesing deel te neem nie, wat inwoners en die opposisieparty ondersteuners woedend gemaak het.

Alhoewel die polisie later die Saterdagmiddag die grootste aantal mense weer vrygelaat het, is talle leiersfigure steeds in aanhouding.

Lyubov Sobol is ’n alliansie vennoot van die opposisieleier,  Alexei Navalny, wat vir 30 dae opgesluit is, en na bewering deur polisiebeamptes vergiftig is.