Russiese ooreenkoms bedreig vrede

Kort nadat President Donald Trump gewaarsku het dat Rusland en Sjina nie moet in meng in die situasie van Venezuela nie, het Rusland besluit om die waarskuwing te ignoreer.

Rusland en Venezuela het ’n ooreenkoms onderteken die afgelope naweek wat behels dat die twee lande hulle hawens oopstel vir mekaar se oorlogskepe.

Die ooreenkoms is in Moskou onderteken deur die Russiese Minister van Verdediging, Sergei Shoigu, en sy eweknie van Venezuela, Vladimir Padrino Lopez.

Militêre deskundiges wys daarop dat die ooreenkoms die deur vir Rusland oopmaak om ’n militêre basis te vestig in die seegebied van Venezuela.