Russe ontwikkel lang afstand hommeltuig

Terwyl die groot moondhede alle moontlikhede naspeur om doeltreffende wapentuig te omwikkel, het Rusland ’n ultra moderne hommeltuig ontwikkel wat soveel as 5,000 kilometer afstand af te lê sonder enige onderbrekings.

Alhoewel die ontwikkelings program van die hommeltuig in die grootste geheimhouding was, het inligting op ’n onverklaarbare wyse bekend geword.

Later het die Minister van Verdediging in Rusland bevestig dat die hommeltuig ’n suksesvolle toetsvlug ondergaan het, en daarna is ’n video vrygestel.

Kenners sê die hommeltuig wat dur die Russiese maatskappy, Sukhoi ontwikkel en vervaardig is, is ’n reuse stap vooruit in die bedryf, en kan ’n beduidende rol vervul in tye van oorlog en spioenasie.

7