Russe haas hulle om Iodine te koop

Inwoners van twee Russiese stede het hulle gehaas om iodine te bekom wat gebruik word om die uitwerking van radar bestraling teen te werk nadat ’n onverwagte ontploffing weens ’n ongeluk by ’n militêre toetsterrein chaos veroorsaak het.

Die Russiese Minister van Verdediging het egter nie veel besonderhede vrygestel oor die ongeluk nie, behalwe om te bevestig dat vyf persone omgekom het en ses mense ernstig beseer is in die ontploffing.

Die Minister sê ’n “vloeistof aangedrewe” vuurpyl gemonteerde masjien was getoets toe die ongeluk gebeur het.

Alhoewel die minister die versekering gegee het dat geen radio aktiewe stof in die atmosfeer vrygelaat is volgens metings wat gedoen is nie, beweer inwoners en deskundiges in die stad Severodvinsk dat radio aktiewe stof opgespoor is in die gebied.

Wat inwoners bekommer is die feit dat geen verduideliking gegee is waarom so ’n ongeluk die moontlikheid inhou dat radio aktiewe stof vrygestel kon word nie.

Kernwapen deskundiges reken die Russe was met ’n proefneming besig om ’n kernkrag aangedrewe missiel te lanseer wat misluk het.