Rusland sal nuwe missiel ontwerp

President Vladimir Poetin

President Vladimir Poetin van Rusland het die VSA gewaarsku dat sy land sal begin met die ontwikkeling van nuwe missiele indien die VSA besig is met so ’n ontwikkelingsprogram.

President Poetin sê Rusland sal begin met die ontwikkeling van nuwe kort, sowel as medium afstand kernkrag missiele, indien die VSA daarmee besig is.

Die VSA het onttrek uit die ooreenkoms met Rusland wat in 1987 deur President Ronald Reagan geïnisieer is, maar wat volgens Trump, deur Rusland geskend is.

President Trump het Rusland daarvan beskuldig dat hy die ooreenkoms geskaad het deur nuwe ontwikkelings te doen, en daarom besluit het om te onttrek om self ook met nuwe ontwikkelings te begin.

Die Westerse wêreld het met skok kennis geneem toe President trump enkele dae gelede aangekondig het dat hy die VSA onttrek uit die Internasionale Kernkrag Verdrag met Rusland.

Intussen het Rusland ontken dat hy met nuwe ontwikkelings die verdrag verbreek het.

Amerika en Rusland het in 1987 die verdrag onderteken om die Koue oorlog finaal te beëindig, en te voorkom dat ’n wapen ontwikkelings wedloop hervat word