Rusland begrawe vyf wetenskaplikes

Die Russiese Weermag het aanvanklik weggeskram van die massiewe ontploffing verlede week tydens ’n toetsprogram met kernkrag aandrywing vir ballistiese missiele.

Die inwoners van twee stede het kort na die ontploffing hulle gehaas om iodine te koop om die bestraling teen te werk.

Dinsdag is vyf van die wetenskaplikes wat by die ontwikkelingsprojek betrokke was, begrawe nadat hulle in die ontploffing omgekom het.

Na berig word is die vyf wetenskaplikes uit die room van Rusland se kernkrag deskundiges geneem om die nuwe wapentuig te ontwikkel.

Die Russiese regering het na afloop van die begrafnis gesê die vyf mans is “nasionale helde”.

Duisende Russe het Maandag se ter aarde bestelling bygewoon en saam getreur oor vyf van die land se mees kundige wetenskaplikes op die gebied van kernkrag aanwending.