Rupert word ook besteel

Die miljardêr, Johan Rupert, se negatiewe siening oor Suid-Afrika sal waarskynlik net verder versterk word nadat gewapende diewe miljoene rand se kosbare besittings gesteel het.

Die inligting is bekend gemaak deur die Sunday Times wat berig het dat nagenoeg R300 miljoen se juweliersware gebuit is die afgelope Vrydagnag.

Die diewe het horlosies, diamant gemonteerde hangertjies, oorbelle en ander ware uit die Rivonia perseel gesteel nadat die veiligheidspersoneel vasgebind is.

Die juweliersware was klaarblyklik geoormerk vir luukse maatskappye in Sandton onder beskerming van die Rupert familie.

Na bewering is ’n spesiale ondersoekspan aangewys om die skurke op te spoor, maar twyfel bestaan of dit gou gaan gebeur. Dit is nie bekend of die goedere teen diefstal verseker is nie.