
Die SA Inkomstediens (SAID) se nuwe kommissaris, Edward Kieswetter, het ‘n waarskuwing gerig tydens ‘n belasting konferensie.
Hy het gesê dat SA belastingbetalers dalk hul belasting betalings weerhou weens jare se korrupsie.
Volgens Kieswetter het die vertroue van maatskappye en individue in SAID tot so ‘n mate afgeneem dat dit tans lei tot verhoogde vlakke van belasting weerhouding en belasting bedrog.
Dit beteken die regering verloor miljarde rande en ‘n ekonoom van Bloomberg sê SA se probleem is die onvermoë van die regering om dinge in plek te stel wat korrupsie kan verhoed.
Nuutste kommentaar