Redery bied luukse vlugte na Brasilië

Die Latam Lugredery van Brasilië het nou met Airbus A350 XWB stralers ’n vyf dag diens tussen Johannesburg en São Paulo ingestel.

Die Airbus beskik oor die vermoë om 30 passasiers in super premium besigheidsklas en 309 passasiers in ekonomiese klas te bied, wat ’n 60% verhoging van kapasiteit is vir die bepaalde roete.

Die redery het in Oktober 2016 met sy diens tussen die twee lande begin, en die drie vlugte per week is nou verhoog tot vyf vlugte.

 Die redery wat diens lewer na 33 bestemmings, sluit in Suid-Afrika, Europa en Asië, sowel as na die VSA.

Die redery word uiters winsgewend bedryf, en die betroubaarheid vlak word hoog gestel wat daarop dui dat ’n bekwame en ervare span die dryfkrag is.