Rand die slegste geldstelsel in die wereld

Die Suid-Afrikaanse geldeenheid, die Rand, het sy laagste vlak sedert September 2018 bereik. Die staat se skuldlas, Eskom se onvermoë en negatiewe kommentaar van moontlike afgraderings seur agentskappe, word aangegee as redes vir die swak vertoning. 

Standard Bank se Warrick Butler het verklaar dat die Rand tans die swakste presteerder van alle betaalmiddele wêreldwyd is. Die Rand het Maandag gesluit op R18.48 teenoor die Britse pond.  Redes soos grond onteiening en bedrog en korrupsie deur politici, asook binnegevegte in die ANC word verswyg as moontlike redes vir die Rand se vertoning.

Finansiële ontleders sê die stryd tussen die Openbare Beskermer en die ANC president dra mildelik by tot die verdere omwikkeling van wantroue in Suid-Afrika as beleggings moontlikheid.