Ramaphosa kry senior advokate teen OB

ANC president

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het twee senior regsverteenwoordigers aangestel om sy saak te behartig teen die omstrede Openbare Beskermer.

Die geveg teen die OB, Busisiwe Mkhwebane, word die week op die spits gedryf wanneer advokate Tembeka Ngcukaitobi en Wim Trengove die president se saak hanteer in die Hooggeregshof in Pretoria.

Die saak wat vir Maandag en Dinsdag op die rol geplaas het, kan weereens ’n slegte nadraai inhou vir die OB indien sy weer aan die verloorkant is.

Die twee regsverteenwoordigers vra ’n interdik teen Busisiwe Mkhwebane se verslag oor Bosasa om dit ook op hersiening te neem.

Kenners wys daarop dat dit die eerste keer is sedert die ANC regime met die OB-stelsel begin het dat die hoof van die Openbare Beskermer se kantoor so dikwels in die hof beland en die saak boonop verloor.

Die saak is vinnig aangehoor en weereens is die Openbare Beskermer in die verleentheid toe die hof beslis het dat die president se versoek redelik is en toegestaan word.

Busisiwe was nie in die hofsaal nie, en meningsvormers sê sy het weggebly om van die media ontslae te raak wat lastige vrae kon stel.