Ramaphosa koop duur stoetbul

Bewerings word gemaak dat die ANC president, Cyril Ramaphosa, ʼn obsessie het met beeste vir sy groot plaas in die Oos-Transvaal en gevolglik het sy plaasbestuurder glo die veiling bygewoon om die bul te koop.

Na verneem word is ʼn Boran stoetbul teen die rekord bedrag van R500,000 aangekoop en is glo na sy oos-Transvaalse plaas geneem.

Waarnemers wys daarop dat dit toevallig dieselfde bedrag is as wat deur Bosasa op sy bankrekening inbetaal het waarvoor die Openbare Beskermer hom beskuldig het dat hy die parlement mislei het.

Dit is redelik algemeen bekend dat die president ʼn stoetteler is van Boran en Bonsmara beeste.